Improving the lives of older people
and their carers by transforming the
communities in which they live and work"

Die VVA se geveerde en vierpotige ‘inwoners’ verskaf plesier!

Volgens Anneke Bezuidenhout, die Bestuurder Bejaardesorg-dienste van die Vrystaat-Versorging in Aksie, was dit aanvanklik met groot huiwering dat personeel en beheerrade  troeteldiere toegelaat het maar die nuwe inwoners is werklik met  min teenkanting aanvaar.

Daar is tans troeteldiere in 8 VVA huise en inwoners in VVA wooneenhede kan ook hulle troeteldiere saambring. Die volgende huise is ‘pet friendly’:

  • Mooihawe in Bloemfontein
  • Huis Moria in Theunissen
  • Rusoord in Brandfort
  • Huis Kosmos in Kestell
  • Avondvrede in Vrede
  • Huis Vergesig in Zastron
  • Huis Goedversorg in Boshof
  • Huis Maranata in Bothaville

‘Ek dink werklik dat almal die waarde van  die diere se teenwoordigheid  sien. Wat bring meer huislikheid, vrede en gemeensaamheid as die kat wat op die stoep op ‘n stoel lê en slaap of die hondjie wat by die hek almal inwag en saam draf. Dit gee ook ‘n verantwoordelikheid vir inwoners wat lief is vir diere en na hulle omsien. Die huisdiere is ook slim en weet  by wie kan hulle tuis maak of wie sal aandag gee.

Dit bly elke dag net ‘n voorreg om te sien watter vreugde diere verskaf aan ons inwoners.  By Vergesig in Zastron het ‘n inwoner nou ingetrek met haar sewe  kanaries(haar kinders) en niemand het nog gekla oor hulle oggend baldadigheid. Ons gebruik die riglyne in Haleigh’s Almanak van die Eden Alternative om die aspek te bestuur- maar  my ervaring is dat die diere se insluiting spontaan  plaasvind en sonder veel probleme deel van die daaglikse huis lewe word.’

[Nog stories vanuit die Vrystaat volg!]

Avondvrede hondjies in bed Kosmos kat op skoot avondvrede kat op skoot004

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
This site is best viewed in Internet Explorer 9 or higher.