Improving the lives of older people
and their carers by transforming the
communities in which they live and work"

Huis Goedversorg se Gemmer, Poeksie en Kolle

Ons het drie katte inwoners.  Gemmer, Poeksie en Kolle.  Goedversorg kat op skoot

Gemmer is groot en sterk en hou net van sy eienaar, Tannie Chrissie Oosthuizen.  Sy is ‘n eenkant mens en Gemmer het haar maniere aangeleer.  Rus heerlik saam met haar, by haar voete, in die middae.  Dwaal laat aand nog rond en loer oral in. Tannie Chrissie versorg hom self en natuurlik kom bedel hy by die inwoners nog ‘n ietsie ekstra.

Poeksie, ons Queen kat is ‘n dame, nes haar eienaar Tannie Lombaard.  Sy is al ‘n verswakte bejaarde maar is altyd beleefd, goedversorg en vriendelik.  So is Poeksie ook.  Jy praat saggies met Poeksie.  Sy het ‘n spesiale “bed” op ‘n opslaan tafeltjie met ‘n mooi roesbruin handdoek op.  Sy beweeg stil in die gange en pas Tannie Lombaard soos goud op.  Beste pelle hulle twee.

Goedversorg katKolle het hier aangekom, sommer net omdat ons vriendelik is.  Van dag een af is hy tuis en is hy sommer almal se kat.  So tuis dat hy sommer op Hannelie se lessenaar klim en sê – “vryf my vergeet van werk – dis tog so sleg”.  Almal gee vir Kolle kos so oorgewig gaan hy wees.  Hy kuier by almal, spring op en skuur totdat jy aandag gee.

In die begin het kinders sowel as inwoners gekla en gesê die katte moet uit en nou is dit hulle wat nie sonder die katte kan klaarkom nie.

Ons het al ‘n hondjie ook gehad maar kon hom nie geleer kry nie so hy het maar by een van die personeel gaanHkat bly.  Dit moet darem skoon wees in ons huis.

Die katte verskaf groot plesier en partykeer opwinding as hulle op die takke partytjie hou, maar dis lekker want ons lewe.

Katestrofe groete

Trudie Pieterse, Bestuurder, Huis Goedversorg in Boshof

(Net Kolle hou blykbaar van die kollig!)

Leave a Reply

1 Comment on "Huis Goedversorg se Gemmer, Poeksie en Kolle"

Notify of
avatar
Sort by:   newest | oldest | most voted
Christine Nikel
Guest

Ja-nee Trudie, my ma en Poeksie Woeksie is onafskeidbaar en ek is tog so bly hy is daar om haar geselskap te hou. Wens ek kon so nou en dan plekke met hom ruil om bietjie agter haar rug te le:)
Dankie vir die nuus – dis meer as welkom. Hoop om baie meer van Huis Goedversorg en hulle maters te hoor.

This site is best viewed in Internet Explorer 9 or higher.