Improving the lives of older people
and their carers by transforming the
communities in which they live and work"

Transformation in Theunissen

Inwoners ,Edith en Wendy -Huis MoriaHow wonderful to get this kind of feedback! Wendy is a Care Partner in a home in rural South Africa, Theunissen (Orange Free State). With her Manager Edith, Wendy has been working relentlessly to change the culture of care in their home. Over the years the community has changed their attitude towards the home, with people now being much more involved. Recently the local doctor started referring people to the home for care – a great breakthrough! Here is Wendy’s story:

Gedurende 2010 het Huis Moria tehuis begin met Geratec opleiding – Alles moes verander en dit was net veel meer werk. Dit was nie ‘n lekker gevoel nie- evalueër elke inwoner drie maandeliks.   Elke inwoner moet ‘n joernaal hê.   Inwoners moes maandeliks geweeg word. Ons het dit nooit gedoen nie.   Ons het altyd van pasiënte gepraat – nou mag ons nie meer.   Soos die tyd verby gegaan het, het ek begin met die evaluering.   Die depressie skaal was die ergste.  Mnr Corrie van Niekerk het my vertel as kind het sy eie pa hom verkoop vir ‘n paar sjieliengs, hy kan nie eers sy ma onthou nie.   Ek was so hartseer ek was skoon depressief ens sommer gehuil om na dit te luister.   Hoe hartseer. Ek het dit gehaat om ons inwonert te evalueer.   Ek is na my Bestuurder Mev Jubileus en vir haar gaan sê hoe kan jou eie pa jou verkoop.   Ek het nou meer deernis gehad met Mnr Corrie van Niekerk.   Hy haat kersfees en vadersdag maar nou verstaan ek hom beter- maar ek het dit gehaat om evaluerings te doen

Geractec het ons besoek en ons personeel het opleiding ontvang -en so leer ons van die Eden Alernative beginsels . Ek het ‘n plakboek begin en aktiwiteite begin doen met ons inwoners.   Die personeel het geen samewerking gegee – senior personeel het my negatief beinvloed veral met my aktiwiteite en gesê ek maak van die inwoners kinders.   Gelukkig het Mev Jubileus my so gemotiveer om aan te hou.   Hulp gegee met   aktiwiteite  wat ek kon doen en als gekoop op my lys as ek dit nodig gehad het.   Mev Jubileus was vuur en vlam vir Eden –  sy het die vuur  in my gees aangesteek en ons het volstoon die Eden beginsels begin toepas.

Augustus 2010 het ek my eie plakboek gemaak.

Toe bring ons, ons 1ste hondjie Rexie in die tehuis – Rexie se naam is gekies deur die inwoners.   Maar Rex het van die inwoners stukkend gebyt.   Ons moes klem in die kaak inspuitings kry- dit was rof met al die verduidelikings aan kinders – Ons het ‘n pou gekry  maar na paar maande het hy weggeraak.   Dit was ‘n traumatise ervaring vir personeel/inwoners

Ons het ‘n hok met budjies gekry en hoenders.   Die inwoners se gesigte was “amazing” as daar ‘n eier gelê word of die kuikers kom uit.

Ons inwoners gee kos vir die hoenders en voëltjies.   Soms het hul tot baklei oor wie  moet kos gee .

Mev Jubileus het 150% ingesit – Sy’t gordyne gemaak, nuwe meubels gekoop , elke kamer mooi gemaak .  die TV Kamer badkamers, kamers ,eetkamer lyk soos ‘n gastehuis by ons

En toe kom die drie  maande evaluering weer.   Dit was ‘n opdrag van sister Dekker ek moes dit doen. Ek was so kwaad, dikmond rondgeloop en Geratec en Eden weer niks ‘gelike” nie . Ek wou dit nie weer doen nie.   “Ek wou nie”   Mev Anna Ward se depressie skaal het alles verander.  Weer ek en ‘n depressie skaal.   Ek het vir Mev Jubileus gesê ‘n depressie skaal maak myself depressief vir dae aan een.   Ek het die vrae begin doen en soos ek en Mev Ward gevorder het kon ons nie glo hoe haar punte geklim het nie.  Sy het vier keer vir my gesê maar sy hoort mos nie hier nie want dis dan so lekker in die ouetehuis en dit moet mos sleg wees hier.   Ons het so gelag en dit was ‘n “wow” oomblik vir my en haar.   Valse data al die jare oor ‘n ouetehuis, sy kry dan tot wyn Sondae hier.   Dis mos ‘n lekker plek die

Daarna het ek al die evaluerings gedoen met ‘n blye  hart.

Ons tehuis het soveel suksesse gehad in die drie jaar met  Eden se opleiding.

Inwones wat bedlêend was,  is nou rolstoelafhanklik.   Alle kateters is gestaak.   Ons gange ruik so lekker – geen uriene reuke nie.  Dit is harde werk maar die moeite werd

Ons Personeel van Huis Moria sal Geratec en Eden altyd dankbaar wees vir wat ons bereik het met hul kennis en betrokkenheid.

Vandag Sept 2013 is ons so trots op ons tehuis.   Al die besoekers sê hul voel die “hart” van ons tehuis as hul kom besoek of selfs net verby ry.

Daar was tye van “FROST”  in ons  tehuis maar ons Bestuurder Mev Jubileus het net aangehou , ek wou al moed op gee maar dit was die moeite werd.   Die personeel wat so teen Geraten en Eden was het net bedank.   Die positiewe energie in Huis Moria is ongelooflik danksy ons bestuurder se volgehoue motivering en leiding  is ons vandag  nie spyt oor die pad wat ons geloop het.   As ons lyf wegsteek vat sy ons gou vas veral met aktiwiteite

Dankie  Eden en Geratec/Huis Moria se personeel – Ons verbeter nog dag na dag. xxxx

Physical transformation - from Institution to HOME!

Physical transformation – from Institution to HOME!

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
This site is best viewed in Internet Explorer 9 or higher.