Improving the lives of older people
and their carers by transforming the
communities in which they live and work"

Troeteldiere in Avondvrede VVA

Aanvanklike houding t.o.v. troeteldiere in ons tehuis

Inwoners: Aanvanklike groot verbasing dat dit mag gebeur. Een groep was 110% daarvoor, terwyl ‘n ander groep geweldig daarteen was.

Bestuur: Dit is nie ‘n probleem nie, wat ons egter agterna ondervind het, die versorging en skoonmaak word personeel se probleem en daar is nie altyd genoeg personeel nie, en nie al die inwoners is ook te vinde daarvoor nie.

Familie: Hulle was opgewonde want hulle weet wat die diere vir hul ouers beteken.

avondvrede voeltjie op skouerWat beteken dit vir die inwoners. Die troeteldiere is die inwoners se kinders. Hulle word spekvet gevoer deur hul “ma’s”, en daar word so gespog met hulle. Dit is ‘n groot vreugde vir almal.avondvrede kat op skoot

Hier is op die oomblik ‘n pragtige Gemmer-kat. Slaap elke nag by sy “ma”, kry heerlike kos en word vreeslik bederf. Hy loop ook in die tuin rond en almal weet dis “ou Hetta” se kat. Tannie Anna het ‘n pragtige blou ringnek, hy praat ook en is soos ‘n kind vir haar. Tannie Anne is die budgie-teler in Vrede. Sy het ‘n paar hokke met budgies en mense van oral kom om by haar voёltjies te koop of te ruil. Ons het ook voer plek oral op strategiese plekke, sodat inwoners, waar hulle gereeld sit, die voёls en hul manewales, kan dophou. Dit verskaf baie plesier. Ook die rot, wat gereeld die voёls se kos kom steel, word heerlik bespreek. Selfs ons inwoners met leef met Alzheimers, word heerlik vermaak met die voёltjies wat voor hul kamer-venster kom vreet. Ons het ook ‘n “kuier-gas” hondjie, wat gereeld elke week by al ons verswakte inwoners kom inloer. Hy word gevryf, gesoen en getroetel, vir ‘n vale.

avondvrede budjies en tannieMet die klein hondjie wat dikwels by ons gekuier het, het die meeste inwoners, dadelik beentjies en afval kossies van die tafel afbymekaar gemaak en is hy gevoer. Dit was heerlik om te sien hoe hulle hom getroetel het en het hulle lekker gelag as hy vir sommige mense geknor en geblaf het. Tannie Hetta het ons laat roep na haar kamer, het plegtig gevra dat as sy miskien haar verstand sou verloor, ons haar net in ‘n kamer met 2 hondjies en haar kat moet sit. Dan sou sy dood gelukkig wees.Avondvrede hondjies in bed

Die inwoners wat leef met Alzheimers se gesigte helder onmiddellik op en hulle ‘oe’ en ‘aa’ ook vir die skoothondjies wat dikwels vir hulle kom kuier.

Grootste uitdaging vir ons is om ‘n hondjie hier permanent te kry. Ongelukkig was die vorige hondjie wat gereeld hier gekuier het, nie ons eiendom nie, en het hy ook gevrek by sy eienaar. Die voёltjies wat hier troeteldiere is, het geen probleme geskep nie en die katjie ook nie.

Avondvrede voeltjieBestuur van troeteldiere. Ons het hoendertjies gehad by Thabong, wat ongelukkig gevang is in die nag. Dit was ook ‘n probleem om hul blyplek gereeld skoon te hou. As oplossing dink ons, ons moet ‘n spesifieke inwoner nader om na hulle te kyk. Omdat die inwoners van Thabong nie instaat is om die verantwoordelikheid te kon neem nie, het die poging misluk. Ons het ook ‘n mini-vis-akwarium gehad. Dit was een van die personeel se take om die bak skoontemaak, sy het egter later nie meer kans gesien daarvoor Avondvrede vissenie. Ons moes liefs ‘n paar inwoners gevra het om die taak te verrig. Dus kan ek met vrymoedigheid sê dat mens eers ‘n spesifieke persoon of persone moet nader, voor ‘n troeteldier aangeskaf kan word.

Troeteldiertjies is voorwaar ‘n groot aanwins in die tehuis.

Elsabé Langenhoven, Avondvrede, VredeAvondvrede kat

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
This site is best viewed in Internet Explorer 9 or higher.