Improving the lives of older people
and their carers by transforming the
communities in which they live and work"

Vergesig se viervoetiges en geveerdes

Klara is die beste vriendin …. Van ongeveer 20 kloekende moeders. Ons wekker is subtiele koorgesang –die kanarie- familie is baie pligsgetrou!017

Klara is oom Willa Greyling se viervoetige kamermaat – ‘n hond. Klara was oom Willa se hond, nou is sy al ses woonstelbewoners se harige kleinkind. Die kanarie-familie is tannie Helen Dixon se voëltjies en die res van die gang se gratis Vergesig FM!

Maar dit was nie maanskyn en rose van die heel begin af nie, honde en voëls is mos vlooitaxi’s en luismagnete – ‘n vreeslike gesondheidsrisiko wat die gesondheidsinspekteurs hof toe sal laat jaag!

Daardie omgedopte smeekogies van Klara en die engelstemmetjies van die Dixon-kanaries het sommer gou elke inwoner-hart verower.

Die diere is werklik terapeuties. Dit het die inwoners se aanpassing na Huis Vergesig heelwat vergemaklik om darem ‘n bekende asem saam te kon bring n004a die nuwe omgewing! Die verantwoordelikheid om na ‘n ander lewende wese te moet omsien, het ook onskatbare waarde.

Oom Willa Greyling (en sy menige vrywilligers), versorg self vir Klara. Hy tel ook self daagliks al Klara se landmyne op met sy eie vervaardigde skoppie.

Tannie Helen Dixon en haar vriendinne sorg self dat die voëlhokkie gereeld skoongemaak word. Selfs tannie Ena Breytenbach se vierpotige, harige ‘kleinkinders’ kom kuier by haar as hul eienaars met vakansie gaan.

Huis Vergesig het ook ‘n hele duiwehok met duiwe en budgies. Oom Willie Bester is die formeel verkose bestuurder van hierdie hok en sy inwoners en hy bestuur die versorging daarvan met ‘n ysterhand!013

Die grootste uitdaging was die higiene, maar met ‘n paar basiese reels en wedersydse ooreenkom, is die troeteldiere net ‘n groot seëning vir Huis Vergesig se inwoners.

Wat is ‘n huis sonder ‘n moeder en wat is ‘n Tehuis sonder ‘n troeteldier!

Ansie Marais, Huis Vergesig, Tehuisbestuurder, Zastron

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
This site is best viewed in Internet Explorer 9 or higher.