Improving the lives of older people
and their carers by transforming the
communities in which they live and work"

VVA Kestell – Ons troeteldierstorie

Aan die begin was ons inwoners en bestuur so gekant teen die toelating van troeteldiere. My eie liefde vir troeteldiere het my egter effe doof gemaak. Dit het begin met Ouma Crouwter wat die wilde swaeltjies, en sommer enige wilde voël, begin kos gee het. Dit lei toe na katte en voor ek my oë kon uitvee sit ons met 8 wilde katte. Ons moes toe maar bietjie briek aandraai. Vier van die katte is mak gemaak en daar is met ons veearts gereël om verdere aanwas te voorkom. So het ons begin met diere in ons huis.

Al hoe meer inwoners het begin inkoop in die diere. Ons het huidiglik 5 katte, 1 hond en 2 kuier gaste (honde) elke middag en 4 voëls. Dit is wonderlik. Elkeen is verantwoordelik vir die kosgee maar deesdae is dit so gesamentlike projek waar almal inspring en toesien dat almal kos het.

IMG-20131113-00284Vir die inwoners kan ek nie sê hoe baie dit beteken nie! Ons het soveel pret met die inwoners en die diere. Ons het een inwoner wat elke 5 minute die hondjie kom soek en as sy haar kry haar ‘Loeloe’ noem, want dit was haar hond se naam. Sy maak seker dat die hond genoeg eet en raas as ‘Loeloe’ net in die kantoor rondslaap. Daar was nie regtig kans om reëls te gee oor die diere nie, ek het maar net ingespring en begin en sonder enige drama, weet elkeen nou wat van hulle verwag word.

In ons huis is die troeteldiere deel van die gesin soos elke inwoner deel is van ons huis. Elkeen het ‘n plekkie en die diere is almal sin, niemand is snaaks as die ander miskien iets doen vir hulle diere nie.Kosmos kat op skoot

Ons volgende projek is om bergbokkies te kry vir die huis. Dis ‘n langtermyn projek want daar moet huisies gebou word en ‘n kamp gespan word en ja ons moet eers die fondse kry vir die uitgawe, maar ons sien baie uit na nog vierpotiges.

Annemie Ewan

Bestuurder, Huis Kosmos, Kestell

Leave a Reply

2 Comments on "VVA Kestell – Ons troeteldierstorie"

Notify of
avatar
Sort by:   newest | oldest | most voted
Annemie Ewan
Guest

Dankie vir die groot voorreg dit is baie nice

This site is best viewed in Internet Explorer 9 or higher.